Posts filed under 'Poësie'

Prospero se skiereiland

Deur Roon Lewald

(Scroll down for an English Translation)

1. This isle is full of noises…

Jy wonder soms watter skalkse geeste
hierdie skraal vinger land geskep,
van die hand van Afrika geskei het
deur die hoe kneukels van sy berge

en geplaas het tussen wêreldmere
wat hier kop-aan-kop baklei oor
die besit van dié besondre plek,

waar hul wisselstryd van wind en weer
sy see- and bergtonele telkemaal vertower
en besiel met sy unieke plant- en dierelewe. (more…)

Add comment May 21, 2009

Alice-aus-dem-Wunderland

Roon Lewald

Alice

Scroll down for an English translation

(Für Alice Markja – 3 Tage alt)

Liebe Alice!
Dass wir so lange auf dich warten mussten
ist kaum wunderlich, denn wer
möchte schon das Wunderland,
aus dem du kommst,
mit dieser öden Welt vertauschen?

Hier suchst du ja vergeblich nach dem weissen Hasen,
der mit stets gezuckter Taschenuhr
und geplagter Miene
so nervös vorbeihetzt, um die wunderlichen Wünsche
seiner stets erbosten Herrin zu erfüllen.

(more…)

Add comment May 3, 2009

Leipoldt: The Universal Afrikaner

by Roon Lewald

Louis Leipoldt

Louis Leipoldt

In one of my latest visits to the blog of an American friend, I was intrigued by a sensitive description of her visit to the remote grave of Afrikaans poet C. Louis Leipoldt, sheltered by an overhanging ledge of sandstone at Pakhuis (Storehouse) Pass in the rugged Cedarberg mountains some 200 miles north of Cape Town.

Christian Frederik Louis Leipoldt (1880-1947) is revered by Africa’s only white tribe as one of its finest poets. He was a leading luminary of the “Second Movement”, the generation of language pioneers which produced the first poems of genuine literary value in Afrikaans immediately after the 1899-1902 Anglo-Boer War. His name is hardly known outside an estimated 10 million or so native speakers spread over South Africa and the now rapidly expanding diaspora of Afrikaner emigrants to the USA, Europe, Australasia and elsewhere. But blog hostess Jenny Bennett has such wide interests that I wasn’t too surprised by her tribute to such an exotic poet. (more…)

Add comment May 2, 2009

Amanzimtoti

deur Roon Lewald

‘n Vreemde oom haal vir sy trossie kinders
kwiksilwer vissies uit ‘n rotspoel.
Hy gee my wraggies ene!
Dis my eie, eie kreatuurtjie wat nou
spartel in ‘n blik
- so wonderlik
dat ek hom altyd-altyd wil behou,
al roer die diertjie binnekort nie meer
as jy hom met ‘n stokkie por.

Met die huistoe-ry, sat van my gesoebat
om hom saam te neem,
vou Ma hom toe in ‘n koerant, en bêre hom
vêr agter in die bak van Wilhelmina,
ons oerou, waardige swart Oldsmobile.

Tuis, as die frommelpakkie
onder al die stranddag-rommel
uit Willemien se songebraaide bak
uitgehaal word, daal daar neer op my
‘n groot Besef, oud soos Adam se geslag:
Siedaar, o mens,
hoe vlietend is al aardse prag!

Want die pakkie ruik so sleg! -
en waar’s my towerdiertjie dan?
Hierdie nare ding is mos
net ‘n stywe, dooie vis!

Add comment May 18, 2008

Ontledinge

deur Roon Lewald

I
Psalm 34, 5: Ek het die HERE gesoek, en Hy het
my geantwoord en my uit al my vrees gered.

Onbegryplike Onwese,
jou lugleegte
suig die vrese uit
my oopgestote hart
en vul dit met die liefde
wat jou Skepping eis. (more…)

Add comment April 7, 2008

Cross-overs in Poetry

On approaching the poetry of other linguistic cultures

by Roon Lewald

Cultural and linguistic communication gaps between people all over the world are being rapidly narrowed today by the information-technology advances of our shared, swiftly inter-communicable global culture. Technology-driven CAT (Computer-Assisted Translating) software can now pre-translate any largely factual texts with amazing speed and accuracy, leaving the human translator to do the skivvy-work of monitoring the computer’s word choices and completing any passages it has left out or only guessed at by offering “fuzzy matches”. In the building industry, a western-trained Saudi construction engineer can now explain power, housing or sanitation projects to his clients in a professional Arabic which is fully translatable into the similarly specialised vocabulary of his sub-contractors in the USA or Europe. The international business language of the huge global-player corporations is equally translatable. (more…)

2 comments April 5, 2008

Durbanse somer

Deur Roon Lewald

Domp oerwoudhitte laat die geitjies hyg.
In die avokado-skadu grou ek tonnels in die sand.
In die sinkplaatheining langs my
is ‘n los paneel:
n geheime deursluip na ‘n oop perseel
waar die mals natuur oproerig woeker
in sy nimmer-eindigende
Suidkus-intifada teen die stad.
Daarbinne rank dit geil en donker
om die piesangs en die mangobome.

“Bly weg van daardie plek, daar’s slange daar,”
sé Aia Ellen streng.
“As ‘n mamba jou nou byt, is dit baie seer
en jy’s tsetsja-tsjetsja dood!
En dan, we-Tinizaan, we-Lollozaan?
Jou ma en ek sal baie treur.”

Met ‘n maatjie saam kan jy daar lekker
Tarzan-enne-ijpmin speel.
Tenspyte van ou Ellen is ek gladnie bang
om alleen daar in te gaan nie,
jok ek vir myself, maar dis te warm.
Ek grawe dus ‘n nuwe tonnel
vir my motortjies, en luister hoe
die vrouens by die kaja klets:

lomer murmurend op die maat van somer;
met ‘n weelderige tongklap of
die huppelpassie van ‘n lekker laggie
tussendeur.

Add comment March 24, 2008

Plat klippies

deur Roon Lewald

Onthou jy daardie plat, laag-gegooide klippies
wat so prettig huppel oor ‘n kalm watervlak?
Hulle ewige ge-spat!-spat!-spat!
terg
die rustende ou reus van swaartekrag
totdat hy vererg
ontwaak, met ‘n harige ou poot
die stoutgoed één-één gryp
en vinnig afsleep ( kloeps!)
diepte-toe.

Só vliet ook oor die kabbelwaters
van jou kinderdae
daardie klein belewenisse
wat so vinnig deur jou grootword
ingehaal en vasgetrap word
op die bodem van jou siel.

Maar in later jare sypel hulle
uit vergete lae van jou wete op.
Hulle gloei en fluister
van vergane leed en vreugde:
al die klein geheime
en die groot-groot vrae
wat jou eens geprikkel het

As jy mooi kyk, kan jy leer
uit dié hervonde prentjies
van weleer:
jy kan insig uit ervaring wen
as jy alle stasies
van jou wording ken;

en ‘n hart wat jonk gebly het,
en kan huppel soos ‘n kind,
sal langs elke oewer klippies vind -
daardie laaggegooide plattes,
wat so prettig spat!-spat!-spat!

Add comment March 20, 2008

Gebet für Afrika

by Roon Lewald
 
(Empfindungen in der Karro-Halbwüste
während der Apartheid-Ära, ca. 1987)

Die Feuergeißel schwindet.
Kühle lindert
das verschmorte Land.
Im Wolkenbrand
verkohlen letzte Tagesopfer
auf dem Rost der Nacht.
Myriadenfach
lodern Feuerkugel kalt,
erschreckend groß, uralt
im Indigo des Himmelsdachs.

Dankbar hüllt das nackte Land
sich ein in ihrem Glühen,
andächtig harrend
auf das Kreuz des Südens.
Endlich steht es tröstlich da,
Dein Zeichen, Herr, bis es
erblasst im Morgengrau.

Nkulunkul’ Nkoos’!
Großer Gott, wir danken Dir
für Deinen kurzen Trost.
Doch warum nimmst Du
ihn denn von uns,
gerade wenn Dein Licht
in unsre Alltagsnot
so gnadenlos einbricht?

Nkosi, sikelel’ i Afrika:
Herrgott, erbarme Dich!
Segne Afrika
bei Nacht UND Tag!

Amen.

Add comment March 19, 2008

So leeg

deur Roon Lewald

So leeg, die wye blou,
dat elke roering aandag trek.
‘n Stippeltjie draai swart daarbo:
‘n aasvoël – of ‘n vlokkie veldvuur-as?

Add comment March 17, 2008

Previous Posts


Haai!

Dorpsbewoners

Top Posts

Weervoorspelling

Africa Afrikaans Afrikanerskap Anglican Apartheid ECUSA Episcopalian Gay Global Village Homosexuality Human Rights Identity Justice Lewald Nationalism Peace and Justice Poetry Poësie Race and Culture Restorative Justice Reunions Rhodesian South Africa South African The Episcopal Church Theology Ubuntu van pletsen van Pletzen Genealogy Zimbabwe

Argiewe

Onlangse Lesers

View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile

Kommentaar

Apostle Elijah Elija… on Retribution and Restorative Ju…
SEAN SCALLAN on Nigel High School Reunion…
Br. Blane Frederik, … on Nigel High School Reunion…
JILLIAN STOFFBERG on Spackman House at Umtentw…
Theresa on Nigel High School Reunion…

Pages

Recent Posts

1

Africa

Blogs of Note

Brotherhood of Saint Gregory

Bulawayo

Family Around the World

Genealogy

Human Rights / HIV

Isipho

Katima Mulilo

Maps

Mormonism

Mystics

Nigel High School

Peace and Justice

Political systems

Queer

Queer and Christian

SADF

Seminary

South African

South African Defense Force Photos and Video

The Episcopal Church

Ubuntu

van Pletzens of note

World Time

Zimbabwe

Kalendar

December 2009
S M T W T F S
« Oct    
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

del.icio.us

a