++Desmond Tutu kry ’n kil ontvangs in Kenia

January 7, 2008 at 2:32 am 1 comment

imgp4954.jpgFoto: Blane (Tutu Center, New York 2007)

Emeritus aartsbiskop ++Desmond Tutu het hier kort ná sy aankoms in die geweldgeteisterde land die koue skouer van die Keniaanse regering gekry, wat hom bloot as ’n toeris beskryf het omdat hy nie genooi is nie.

Dié koue ontvangs vir Tutu, wat ’n afvaardiging van besorgde Afrika-kerkleiers sou lei, het ook pres. John Kufuor van Ghana, voorsitter van die Afrika-unie (AU), in sy spore laat omdraai toe hy sy beoogde besoek laat vaar het.


Terselfdertyd was oudpres. Ahmed Tejan Kabbah van Sierra Leone, wat deur premier Gordon Brown van Brittanje as bemiddelaar voorgestel is en hoof van die Statebond se verkiesingswaarnemerspan was, gister op ’n vlug uit Nairobi nadat hy ingelig is oor pres. Mwai Kibaki se standpunt jeens buitelandse bemiddeling in die Oos-Afrika-staat se ergste krisis in ’n kwarteeu. Lyke in sommige strate in Nairobi was gister die stille getuienis terwyl die polisie en die anti-regeringsoproeriges slaags gebly het.

Tutu het wel met die verslane opposisieleier, mnr. Raila Odinga, vergader. Ontleders meen die land se skielike spiraal na chaos skaad Afrika se demokratiseringsproses.

“Die prentjie van Kenia as ’n model vir stabiliteit is flenters,” het Tutu gesê.

Kibaki, wie se naelskraapse oorwinning in laas week se omstrede verkiesing tot die uit-barsting van die etnies-aangevuurde onluste gelei het, het die politieke bemiddelingspogings ’n nekslag toegedien deur daarop te wys dat Kenia nie in ’n oorlog gewikkel is nie en dus nie bemiddelaars nodig het nie.

Die VSA en die Europese Unie (EU) het gister weer Keniaanse leiers gevra om ’n koalisieregering te vorm. Kibaki het sy standpunt gisteraand versag en aangebied om sy politieke teenstanders te ontmoet én ’n beroep op sy landgenote om kalmte gedoen. “Ek is gereed vir dialoog met die besorgde partye sodra die nasie tot bedaring gekom en die politieke temperatuur gedaal het sodat konstruktiewe en produktiewe oorlegpleging kan plaasvind.”

Sedert Kibaki Sondag ingehuldig is, is meer as 300 mense dood en 100 000 moes vlug in die geweld tussen Kibaki se ondersteuners van Kenia se grootste Kikoejoe-stam en dié van Odinga van die Luo-stam. Die twee leiers beskuldig mekaar oor en weer van stemknoeiery en volksmoord.

Intussen is die miljoenman-protesbyeenkoms wat gister in Nairobi sou plaasvind en waar Odinga homself as president van die mense wou verklaar, tot vandag uitgestel weens vrese vir opposisieleiers se veiligheid.

Kenia se prokureur-generaal, mnr. Amos Wako, het gister sy stem by dié land se verkiesingskommissaris, mnr. Samuel Kivuitu, gevoeg dat ’n onafhanklike ondersoek so gou moontlik ingestel moet word om onreëlmatighede in die verkiesing of met die telproses uit te wys en reg te stel.

Die onluste knou ook dringende voedselhulp aan die res van die streek, wat deur Kenia se Mombasa-hawe die vasteland binnekom. Petrolpompe in Uganda, Burundi en Rwanda is vinnig besig om leeg te raak.

Inmiddels is die Ugandese weermag op gereedheidsgrondslag nadat duisende vlugtende Keniane die grens na die buurstaat begin oorsteek het.

Die gevolge vir Kenia, lank ’n stabiele staat met ’n uiters winsgewende toerismebedryf, kring uit met toeroperateurs wat vlugte na die staat opskort en toeriste wat vakansies kanselleer nadat hul regerings hul afgeraai het om daarheen te reis. Nagenoeg 300 000 Britte en 100 000 Amerikaners besoek Kenia jaarliks.

Reuters, Sapa-AFP en DPA

Advertisements

Entry filed under: Global Village, Human Rights, Identity, Kenya, Tutu.

Margaret Mc Donald Welsh 1884 -1951 Reformulating and Modifying the Theory and Practice of Restorative Justice

1 Comment Add your own

  • 1. boerinballingskap  |  January 8, 2008 at 10:13 am

    In Afrika het stabiliteit maar nooit ‘n lang rakleeftyd nie…

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Haai!

  • 241,320

Dorpsbewoners

Argiewe

Onlangse Lesers

View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile

Kalendar

January 2008
S M T W T F S
« Dec   Feb »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

del.icio.us


%d bloggers like this: