Zimbabwean Elections Doubtful

January 17, 2008 at 3:01 am Leave a comment

Robert Mugabe ‘n Hooggeplaaste bron in die Zimbabwiese opposisie – beweging vir demokratiese verandering (MDC) – meen Zimbabwiërs kan dalk veel later vanjaar stembusse toe gaan as in Maart, soos nou beplan word.

“Daar is hoop en almal blyk gelukkig te wees met die rigting wat die samesprekings ingeslaan het,” het die bron gesê oor die gesprekke rondom Zimbabwe se politieke krisis wat deur pres. Thabo Mbeki gelei word.

“Dit was duidelik verkiesings kan nie binne die volgende 60 dae gehou word nie. Mugabe is berug vir sy vasklou aan absurde verklarings (soos die hou van verkiesings in Maart), maar dit lyk asof hy hierdie keer gaan bes gee.”

Volgens die bron het Zanu-PF-afgevaardigdes na die gesprekke, mnre. Patrick Chinamasa en Nicholas Goche, toegegee Maart is te vroeg om verkiesings uit te roep, maar kan hulle hul nie sonder Mugabe se toestemming daartoe verbind nie.

“Zanu-PF gaan self nie in Maart vir verkiesings gereed wees nie. Die grondwet bepaal verder dat die president die parlement 90 dae voor die verkiesing moet ontbind. Daar is nie 90 dae tussen nou en Maart nie.”

Daar is steeds geen ooreenkoms tussen Zanu-PF en die MDC oor ‘n verkiesingsdatum en die kwessie rondom ‘n nuwe grondwet nie. Die onderhandelende partye wat reeds meer as 63 keer op hul eie en meer as 18 keer met Suid-Afrikaanse bemiddelaars koppe bymekaar gesit het, het wel sekere ooreenkomste bereik wat tot bepaalde grondwetlike wysigings gelei het.

Dié voortgesette dooiepunt in die samesprekings het in mnr. Morgan Tsvangirai se Nuwejaarstoespraak duidelik geword toe hy gedreig het om verkiesings te boikot indien ‘n nuwe grondwet nie voor die verkiesings ingestel word nie.

Die opposisie het Mbeki van sy posisie ingelig aldus die nuwe ronde samesprekings waar dié kwessies veral onder die soeklig gekom het.

Volgens die bron is ‘n oorgangsgrondwet wat spesifiek vir die kwelpunte van albei partye voorsiening maak, op hande.

“Mbeki is besig om ‘n dokument wat na albei partye se belange omsien, op te stel. Die dokument wat binne etlike dae gereed sal wees, sal aan albei partye vir goedkeuring voorgelê word. Indien hy (Mbeki) misluk, sal hy die kwessie na die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) moet terugverwys,” het die bron gesê.

Intussen het ‘n faksie van die vereniging van Zanu-PF-oorlogsveterane hul veldtog vir Mugabe en Zanu-PF gister van stapel gestuur. Die veldtog heet “Operasie vat alles”. Die veterane het intussen gevra vir vreedsame verkiesings wat deur opposisie-partye as retoriek beskryf is.

Deur Tangai Chipangura

Advertisements

Entry filed under: Human Rights, Race and Culture, Zimbabwe.

Amazing Grace Tsvangirai to Zanu-PF – Fix Things Or Else

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Haai!

  • 235,582

Dorpsbewoners

Argiewe

Onlangse Lesers

View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile

Kalendar

January 2008
S M T W T F S
« Dec   Feb »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

del.icio.us


%d bloggers like this: