Archive for March 20, 2008

Plat klippies

deur Roon Lewald

Onthou jy daardie plat, laag-gegooide klippies
wat so prettig huppel oor ‘n kalm watervlak?
Hulle ewige ge-spat!-spat!-spat!
terg
die rustende ou reus van swaartekrag
totdat hy vererg
ontwaak, met ‘n harige ou poot
die stoutgoed één-één gryp
en vinnig afsleep ( kloeps!)
diepte-toe.

Só vliet ook oor die kabbelwaters
van jou kinderdae
daardie klein belewenisse
wat so vinnig deur jou grootword
ingehaal en vasgetrap word
op die bodem van jou siel.

Maar in later jare sypel hulle
uit vergete lae van jou wete op.
Hulle gloei en fluister
van vergane leed en vreugde:
al die klein geheime
en die groot-groot vrae
wat jou eens geprikkel het

As jy mooi kyk, kan jy leer
uit dié hervonde prentjies
van weleer:
jy kan insig uit ervaring wen
as jy alle stasies
van jou wording ken;

en ‘n hart wat jonk gebly het,
en kan huppel soos ‘n kind,
sal langs elke oewer klippies vind –
daardie laaggegooide plattes,
wat so prettig spat!-spat!-spat!

March 20, 2008 at 6:41 pm Leave a comment


Haai!

  • 296,729

Dorpsbewoners

Argiewe

Onlangse Lesers

View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile View My Profile

Kalendar

March 2008
S M T W T F S
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

del.icio.us